Graad eens grootoog oor nuwe skool

Enya Coetser.

Daar is hierdie jaar by Laerskool Numbi twee klasse vir Engelssprekendes en een vir Afrikaanssprekende leerders.

Hoewel daar ‘n paar skaam leerlinge was, was die meeste baie opgewonde om in die grootskool te wees.

Daar is swaar gedra aan die groot tasse propvol skryfbehoeftes en speelgoed, en sokkies moes kort-kort opgetrek word. Die kleingoed het grootoog by hul onderskeie klasse ingeloop en aandagtig na die juffrou geluister om uit te vind hoe dinge hier werk – alle hartseer oor ouers wat hul daar gelos het, vergete.

  AUTHOR
Marlet Ireland

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Nomads ladies roll along for nationals