Nuwe karateklub in Hazyview

Henry van Niekerk.

Tradisionele Shotokan Hazyview, is in Julie vanjaar gestig nadat Van Niekerk ‘n behoefte daaraan en belangstelling daarin opgemerk het.

Dié tipe karate fokus op selfverdediging sonder wapens. Volgens Van Niekerk, wat al vir 30 jaar by Shotokan SA betrokke is en self oor ‘n vyfde dan beskik, is dié tipe sport ideaal vir die jonger geslag.

Also read: Skukuza karatekas celebrate dedication to the martial arts

Van Niekerk het sedert hy met begin het met dié sportsoort, saam met legendes soos Eddie Dorey, Ben Gouws en Barney Schoeman gewerk. Hy het Suid-Afrika ook reeds in Japan, VSA, Duitsland en Holland verteenwoordig.

“Dit is oor en oor bewys dat dié sport verskeie voordele vir die jongklomp inhou. Dit sluit veral verbeterde konsentrasie, getrouheid, die bou van karakter en dissipline in, wat weer selfbeheersing en beter akademiese resultate tot gevolg het,” sê hy.

Van Niekerk en sy nege karatekas oefen elke Dinsdag en Donderdag by Numbi Laerskool, en nooi plaaslike belangstellendes om te kom inloer.

Navrae: 084-060-5023.

  AUTHOR
Stefan de Villiers

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hazyview police rise to the top