Gholfspelers dra by tot jongman se behandeling

Rob Winter.

Altesaam 72 spelers het verlede week by Nelspruit Golf Club bymekaargekom ter ondersteuning van Rudi Kunz, die 30-jarige man van Hazyview wat op 1 April in die bodem van Klaseriedam vasgeduik en ernistige rug- en nekbeserings opgedoen het.

Die dag is deur Belinda Erasmus van Thirsty Bartender in samerwerking met twee van Rudi se vriende, Bronwen Malan en Belinda Rall gereël.

Ongeveer R55 000 is ingesamel en direk in die Rudi Kunz Fonds inbetaal.

Rudi se twee broers, niggie en tannie was ook op die dag daar om ‘n helpende hand te verleen.

‘n Goeie vriend van Rudi, Jaco Vorster van Eco Auto Mbombela, het tydens die aand se verrigtinge as afslaer en seremonie-meester opgetree. Lees ook: Jongman se familie hoopvol vir sy herstel

Hy self het ‘n vakansie vir 10 mense vir ‘n week in Barra teen R10 000 gekoop.

Die vierbal van Louis en Veronica Botha en Clint en Ruan van Hoedspruit het die dag gewen. Dit het vir hulle Pro Shop-geskenkbewyse en ‘n olifantrit by Elephant Whispers in die sak gebring.

Die spelers wat die langste dag gehad het, was Freddy Hyde se vierbal. Hulle het toiletpapier gewen wat deur Must Paper Industries geborg is.

Al die oorblywende spelers het ook met pryse weggestap wat op gelukkige trekkings gewen is.

Daar is ‘n naweek vir twee mense by Klaserie Sands se tentkamp opgeveil en talle ander avonture het die geleentheid vir die deelnemers die moeite werd gemaak.

Jannes Kunz, Rudi se broer, het tydens die aand verskeie kere sy dankbaarheid teenoor elke speler en organiseerder uitgespreek.

“Die familie waardeer almal se ondersteuning, en die finansiële bydraes maak die berg op hulle skouers ligter,” het Erasmus gesê.

Rudi het egter nie soos beplan, Vrydag met stamselbehandeling begin nie, aangesien sy dokter bang is vir komplikasies weens die feit dat Rudi tans op twee antibiotikas vir sy longe is.

Die mediese span het saam besluit om dit eers later in sy herstelproses te begin.

Hy haal steeds nie self asem nie en is nog op ventilators gekoppel.

Daar word op 9 Julie vir Rudi ‘n tweede gholfdag in Hoedspruit gehou. Belang-stellendes kan die organiseerders kontak op 082-780-3610.

  AUTHOR
Stefan de Villiers

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Jongman se familie hoopvol vir sy herstel