Jong klomp verken die reuse

Laerskool Numbi se gr. eentjies het geen bang haar vir reusediere nie.
Dié jong groepie het Woensdag verlede week die voorreg gehad om die ses olifante Tembo, Lindiwe, Ziziphus, Andile, Shamwari en Medwas by Elephant Whispers te ontmoet.
Hulle het nie net talle intressante feite oor olifante geleer nie, maar ook kans gekry om aan twee van die olifante te vat en hulle te voer.
Die leerlinge was vreeslik verbaas oor die growwigheid van hulle sterte. Die toerleier het verduidelik dat ‘n olifanttand tot drie kilogram kan weeg en dat olifante nie kan huil nie omdat hulle nie traankliere het nie.
Hulle kan baie oud word – van 65 tot 70 jaar en is een van die grootste soogdiere. Iets wat die kinders nie geweet het nie was dat olifante nie kan spring nie.

  AUTHOR
Marlet Ireland

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Girl goes missing after leaked sex video