OPVOLG: Geliefde dier se mense aangeval

MARITE – Die SAPD het Woensdag ‘n reusedeurbraak gemaak toe die voertuig wat tydens ‘n plaasaanval op Tonie Joubert en sy vrou, Shirley gesteel is, op dieselfde dag naby Hazyview teruggevind is.
‘n Soektog is geloods nadat die Jouberts, beter bekend as die eienaars van die wêreldbekende mak seekoei Jessica, omstreeks 03:00 deur vier mans in hulle huis in die Hoedspruit-omgewing
oorval is.
Luidens Hoedspruit-polisiewoordvoerder, sers. Livhuwani Mulaudzi, is Tonie te lyf gegaan toe hy opgestaan het om te gaan water afslaan.
“Die mans, waaronder twee wat gewapen was, het hom gegryp, teen die grond vasgepen en hom begin skop en slaan,” sê Mulaudzi. Die egpaar is saam met toue vasgebind waarna die vier mans hulle opdrag gegee het om vir hulle te wys waar die kluis se sleutels is.
“Hulle het die sleutel oorhandig, waarna verskeie elektroniese toestelle, drie wapens en ‘n onbekende bedrag kontant gebuit is. Die verdagtes het in die Jouberts se Mitshubishi-bakkie weggery.
Dit is later naby Marite in die Hazyview/Calucutta-omgewing teruggevind. Die verdagtes is egter fort met die res van die gesteelde goedere,” sê sy.
Die egpaar het geen ernsitige beserings opgedoen nie en volgens Mulaudzi is die verdgates steeds op vrye voet. Laevelder kon ondanks verskeie pogings, nie die Jouberts kontak nie.

Lees ook: ‘Why we had to shoot the lions’

Music legend leaves behind epic legacy

  AUTHOR
Stefan de Villiers

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Digital learning is good work without borders