Bygewerk: KANSA het jóú hulp steeds nodig

Daar word steeds dringend gesoek na vrywilligers om op KANSA se skakelkomitee vir Hazyview te dien.

Enigiemand wat hul weg oopsien om hier betrokke te raak, kan sr. Rona Labuschagne van die Nelspruitse KANSA-sorgsentrum skakel.

Lede van die komitee het reeds op Maandag 12 Februarie by Tatande Gastehuis ontmoet, maar lede word steeds dringend gesoek.

Labuschagne het daardie dag ook haar gereelde familiekliniek bo in die Lowveld Mall naby die nuwe tandarts en Milky Lane gehou. Mense kan hier kom aanklop vir borsondersoeke, PSA en Paptoetse, asook elementêre velondersoeke.

Sy beklemtoon dat vrywilligers wat by die skakelkomitee betrokke wil raak, nie oor enige besondere kwalifikasies hoef te beskik nie. “Ons kan bykans enigiemand se talente en belangstellings goed benut,” sê sy.

“Die komitee se werk behels hoofsaaklik bewusmaking en ondersteuning, asook natuurlik ‘n bietjie fondsinsameling. Ons moet immers ons taak kan volhou en dit kos geld.”

Tot 22 Februarie gaan die suster ook die sogenaamde Photofinder in Mbombela beskikbaar hê. Met hierdie apparaat kan sy moesies ondersoek vir ongewenste veranderinge en pasiënte vroegtydig verwys vir deegliker ondersoeke.

Mense wat van die diens gebruik wil maak, sal nou na Mbombela moet reis en vooraf met haar ‘n afspraak vir ‘n ondersoek maak.

 

Navrae: Labuschagne by 083-417-8368 of Christel Matthee by 082-418-3924.

  AUTHOR
Mariana Balt
Editor

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: