Herwinning is is maklik en in almal se belang

Min inwoners van die Hazyview-omgewing is daarvan bewus dat daar ’n herwinningsdiens op hul voorstoep beskikbaar is.

Dat daar wel ’n behoefte onder inwoners is om herwinbare afval op die bes moontlike manier te hanteer, blyk duidelik uit hul reaksie op ’n berig oor die noodsaaklikheid van herwinning wat vroeër vanjaar in Hazyview Herald se susterskoerant, Laevelder, verskyn het.

Thomsons Recycling van Sabie kom haal gereeld herwinbare afval in dié omgewing – mits die volumes daarvan só ’n rit regverdig.

Sulke afval sluit glasbottels, karton, papier, verskeie plastiekhouers, en staal en aluminium blikkies in.

Hazyviewers het dus die ideale geleentheid om hul omgewing beter te bewaar deur te begin om bruikbare van onherwinbare afval te skei en dit so te versamel dat die vir Thomsons se voertuie die moeite werd is om dit te kom oplaai.

Indien iemand in staat is om dit self na die depot in Sabie te neem, soveel te beter. Thomsons verskaf eenmalig ’n grootmaat vullissak teen ’n deposito van R50 en gee dan weer elke keer ’n leë sak aan die versamelaar as hy die vol sak by die depot kom aflaai.

Volgens Chantell Thomson verdien versamelaars van hierdie afval ’n skaflike inkomste daaruit.  Hulle leer ook versamelaars hoe om die afval in die regte kategorieë te skei, om uiteindelike verpakking en die saampers daarvan te vergemaklik.

Chantell gee graag meer inligting aan diegene wat graag op hierdie manier daartoe wil bydra om ‘groener’ te lewe en die probleem van afval, wat die aarde onnodig besoedel, teë te werk.

Navrae: Chantell Thomson by 013-764-1008

 

  AUTHOR
Mariana Balt
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Young cyclists get better and better

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: