Laerskool herdenk meer as sestig jare

Vadon Jansen, Adrian Haveng en, Raiden Jackson.

Laerskool Numbi het op 3 Maart hul 61ste bestaansjaar met ‘n dag vol pret en plesier gevier.

Twee leerlinge uit elke klas het die geleentheid gekry om ‘n koek te versier wat later deur almal op die rugbyveld verorber is.

Die kinders het ook almal op die veld onder “colour run”-verfpoeier deurgeloop voordat elke graad met ‘n pretloop begin het. Dié het as fondsinsameling vir die skool gedien. Na die lang en warm oefening kon leerlinge verder op springkastele en waterwurms baljaar.

Bohlale Mnisi en Justin Jones.

Chèrie van Staden en Nea Ferreira.

Willem Taljaard, Arno Heyns en Ethan Malherbe.

Mia Louw, Deannè Holtzhausen en Kayla Pretorius.

Nadia Eksteen, Tanya Ebersohn en Marighe Rall.

Die skool is in 1957 met slegs 30 leerlinge geopen. Dit het toe Laerskool Kiepersol geheet en was op die terrein van die huidige Protea Hotel Hazyview. Die eerste waarnemende hoof was mnr. W.N. van Wyk. Mnr. D.A. Oosthuizen is vanaf Januarie 1959 as voltydse hoof aangestel.

Toe die skool se leerlingtal tot 52 gegroei het, het ‘n watertekort op die perseel daartoe gelei dat dit op 28 Julie 1959 na ‘n perseel oorkant die Numbi Hotel, waar die Hazyview Polisiestasie tans is, geskuif het.

Die skool se naam is op 14 Augustus 1968 amptelik na Laerskool Numbi verander.

In die vroeë 1990’s het die leerlinggetal tot 220 gestyg en daar is in Junie 1992 begin om nuwe skoolgeboue op te rig. Dit is in Augustus 1993 op die huidige terrein voltooi.

Sedertdien het die skool vele puik prestasies opgelewer. ‘n Rits skoolhoofde het ook sedert sy ontstaan hul merk gelaat. Mnr. André Coetzee is vanaf 8 Januarie 2007 die skoolhoof en mnr. Andrè Oosthuizen is tans die adjunkhoof.

Lees meer oor die skool se aktiwiteite hier.

  AUTHOR
Marlet Ireland

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Access to KNP via Numbi Gate marred by protest action

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: