Paasvreugde vir kleingoed

Met opgewondenheid het die kinders van Mickey Muis Kleuterskool onlangs die Paasnaweek binnegegaan.

Tot hul vreugde het Fred die paasvoël sy verskyning gemaak. Van die kleiner kinders was maar lugtig vir dié kleurvolle voël en het begin huil, maar gou-gou bedaar toe Fred vir almal ‘n pakkie met paaseiers uitgedeel het.

So onder die gesmul aan die paaseiers het elke kind ook van die geleentheid gebruik gemaak om saam met Fred vir ’n foto te poseer.

Juffrou Magriet Olivier het gesorg dat niemand vergeet waaroor Paasfees werklik gaan nie. “Paasnaweek gaan nie oor die paashaas en paaseiers nie. Dit gaan ook nie oor die vakansiedae nie, maar eintlik oor Jesus wat vir mense se sondes gekruisig is en weer opgestaan het sodat hulle die ewige lewe sal hê,” het sy verduidelik.

Die kinders het aandagtig geluister en ook ‘n paar vrae gevra wat die juffrou toe beantwoord het.

  AUTHOR
Marlet Ireland

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
A good day for enduro racers

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: